N$313 725 op Walvisbaai gebuit

Die MultiSave-supermark op Walvisbaai is Woensdagoggend beroof van 313 725 Namibiese dollar deur drie gewapende mans. Die drie het gevlug en is steeds soek. Volgens die Namibiese polisie het die roof net na ses-uur in die oggend plaasgevind en die drie het daarin geslaag om ‘n kontantsak te steel. Hulle het in ‘n donker Polo gevlug. Geen verdere besonderhede is bekend gemaak nie. ‘n Ondersoek is gelas. Polisie-ondersoek duur steeds voort.