N$285,5m vir motors? Wat van nooddienste, asb?
Die regering beplan om 285,5 miljoen Namibiese dollar aan nuwe voertuie te spandeer in die 2024-2025 fiskale jaar, wat 76,6 miljoen dollar meer is as in die vorige jaar. Van hierdie bedrag is 245 miljoen dollar toegeken vir voertuie vir operasionele doeleindes, en die oorblywende 40,5 miljoen dollar gaan na voertuie vir ontwikkelingsdoeleindes. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Sean Naude van die Namibia Marshal Rangers wat verskeie nooddienste verskaf, oor watter voertuie aangeskaf moet word…