N$26m se eise vandag in die hof teen gesondheid

Die gesondheidsministerie het drie sake vandag in die hoërhof. In die eerste saak word die ministerie gedagvaar vir 4 miljoen Namibiese dollar. Mwiza Nyambe sê haar baba het breinskade in 2017 opgedoen na geboorte deur die nalatigheid van die personeel by Sentraal Hospitaal. In die tweede saak soek Amalia Festus 3,9 miljoen dollar nadat sy, volgens haar stukke, ‘n histerektomie ondergaan het sonder haar toestemming, ook tydens ‘n bevalling. In die derde saak dagvaar dr. Fred Mwilima vir 18 miljoen dollar na sy vrou, wat werksaam was by die ministerie in Januarie 2019 in die City Centre-gebou in die middestad doodgeskiet is deur ‘n kollega.