N$26,6 miljoen deur banke by mosiehof geëis

Vandag se mosiehof-sessies het nie ‘n reuse-rol gehad nie met 90 aansoeke in totaal waarvan 11 reël 108 aansoeke was. Regters Orben Sibeya en Shafimana Ueitele het die sessies hanteer. Kommersiële banke het 37 van die aansoeke gebring waaronder twee voertuie terugbesorg moet word. Die banke eis ook 17 lenings met uitstaande skuld van 5,8 miljoen Namibiese dollar sowel as 18 eiendomslenings met ‘n waarde van 20,8 miljoen dollar wat nou betaalbaar is. In Maandag se sessie sal regter Kobus Miller 69 onverdedigde egskeidings hanteer.