N$25m vir motorongelukseise tot dusver vanjaar 

Die Motorvoertuig Ongelukkefonds het tot dusver 25 miljoen Namibiese dollar vir 1 552 ongelukseise tussen Januarie en Augustus vanjaar betaal. Die fonds se uitvoerende hoof Rosalia Martins-Hausiku, sê eise wissel na gelang van beserings wat opgedoen is, met ‘n maksimum uitbetaling van 100 000 dollar vir ernstige beserings. Wat mediese dienste betref, bestee die fonds jaarliks ongeveer 200 miljoen dollar waarvan hospitale amper 50 persent uitmaak. Wat sterftes betref, is 264 tot dusver vanjaar aangeteken. Verlede jaar was daar 466 en in 2021, 550.