N$2 miljard nodig om Telecom se planne uit te rolAugust 8, 2023
Daar word berig dat Telecom Namibia 2 miljard Nambiiese dollar nodig het om sy sakeplan te finansier. Volgens die uitvoerende hoof, Stanley Shanapinda, sal die plan, wat oor vyf jaar uitgerol sal word, die maatskappy meer kompeterend maak. Hy het bevestig dat die eerste fase, om 700 basis-stasies op te rig, 400 miljoen dollar sal kos. Daar is tans 300 regoor die land. Sy TN-diens, wat internet en selfoondienste verskaf vorder ook goed en veral met internetverbindings, is dekking en dienste verbeter. Hy sê die uitrol van 5G in die land is nodig omdat Namibië nie in tred is met die res van die wêreld nie maar, dat Covid die vertraging veroorsaak het. Op die oomblik word 2G tot 4G tegnologie in die land gebruik met 2G wat veral landelike gebiede diens.