N$2 miljard ‘n jaar in voordele vir PLAN-veterane

Die ministerie van verdediging en veteraanaangeleenthede sê hy het tussen 2008 en Junie 2024, 12,6 miljard Namibiese dollar bestee aan voordele aan PLAN-veterane. Net meer as 8 miljard dollar is aan maandelikse toelae van 2 200 dollar bestee met 2,2 miljard aan individuele projekte. Daar is ook amper 57 miljoen dollar bestee aan begrafnisse met veterane wat 26 000 dollar elk daarvoor ontvang. Amper 109 miljoen dollar is bestee aan hervestiging op plase en 157 miljoen dollar aan behuising. Oorlogsveterane kry die beste maatskaplike beskerming in die land.