N$1,5m ingesamel vir Etotha-kulturele fees

Die Etotha-karnaval het ‘n finansiële hupstoot van meer as 1,5 miljoen Namibiese dollar ontvang tydens die bekendstelling en fondsinsamelingsgeleentheid wat op Ondangwa gehou is. Die Ondonga Tradisionele Owerheid, as die hoofborg, het 500 000 dollar belowe. Die toerisme-minister, Pohamba Shifeta, het tydens die bekendstelling en fondsinsameling gesê die ministerie, in samewerking met die owerheid, het ingestem om ‘n jaarlikse fees, die Etotha-karneval in die gebied van die soutpanne onder die owerheid se jurisdiksie te hou wat daarop gemik is om die lewensbestaan van die plaaslike gemeenskappe te verbeter, die erfenis van die gemeenskappe te laat herleef en te bewaar, volhoubare toerisme-ontwikkeling te bevorder, en die bewaring van biologiese diversiteit te bevorder, terwyl sosiale samehorigheid tussen die gemeenskappe van alle uithoeke van Namibië bevorder word.