N$10,7m geëis in mosiehof

Regters Kobus Miller en Boas Usiku het vanoggend se mosiehof sessies hanteer met 72 aansoeke vir verstekvonnisse waarvan ses op die reël 108 rol was. Kommersiële banke het 31 van die aansoeke gebring. Lenings het die rol oordonder met 23 wat opgeëis word en net meer as 6 miljoen Namibiese dollar wat nou betaalbaar is. Ses eiendomme met skuld van amper 4,7 miljoen dollar is ook in die spervuur. Twee voertuie moet terugbesorg word. In Maandag se sessie word 32 onverdedigde egskeidings hanteer met regter Claudia Claasen op die regbank.