‘n “Dieretuin” wat kleiner as klein is

David Lindon het voorheen opslae gemaak vir sy herskepping van ‘n Banksy-skildery sowel as Mickey Mouse in piepklein proporsies.

Hy het nou miniatuurwesens geskep vir sy eerste solo-uitstalling, die wêreld se kleinste dieretuin, in die oog van ‘n naald, of selfs die kop van ‘n speld.

“Jy kan hulle nie met die blote oog sien nie; hulle is so klein,” vertel David. “Jy moet na hulle kyk deur ‘n vergrootglas.”

Die kleinste uitstalling, wat in Wolverhampton vertoon word, is ‘n pikkewyn wat so klein is dat dit op die kop van ‘n speld sit, op 0,25mm x 0,3mm. Die meeste van die ander is almal kleiner as 1mm.

Om die kuns te skep is ‘n moeisame proses waar dinge vinnig verkeerd kan loop – letterlik.