‘n Vyfde van Swede se breinbere word gejag
Ongeveer een-vyfde van Swede se bruinbeerbevolking word in ‘n jaarlikse jagtog geteiken ten spyte van besware deur bewaringsgesindes. Nagenoeg twee-duisend-450 van die diere dwaal op die platteland rond ten spyte van meer jagters met lisensies en 486 lisensies wat hierdie seisoen uitgereik is. Volgens CNN het bruinbere in die vroeë 1900s feitlik uitgesterf maar streng beskermingsmaatreëls het daartoe gelei dat die bevolking teen 2008 tot meer as drie-duisend gestyg het. Die plaaslike bewaringsgroep. Big Five, sê 100 jaar van bewaring van die bruinbeer, sal ontstellend gou ongedaan gemaak word.