‘n Vyfde van Afrika-kinders onder 17 aanlyn geteister
Verdoemende nuwe verslae van twee van Afrika se voorste kinderregtegroepe het die skokkende toename in aanlyn seksuele uitbuiting en mishandeling van kinders oor die hele vasteland ontbloot. Van die bevindinge van die African Child Policy Forum en ChildFund is dat in sommige lande ongeveer ‘n vyfde van kinders onder 17 ongevraagde aanlyn versoeke ontvang het om oor seks of seksuele dade te praat. In Suid-Afrika alleen het ‘n derde van die kinders ‘n ontmoeting in lewende lywe gehad. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Yolande Engelbrecht, die koördineerder van die Gender-afdeling by die Regshulpsentrum, oor wat Namibië doen om die aanlyn seksuele toenadering tot jong kinders te bekamp.