‘n Opvolg vir I know what you did last summer – Julie 2025

Dit is amptelik! Die ‘I Know What You Did Last Summer’ opvolgrolprent is in wording, maar sterre Jennifer Love Hewitt en Freddie Prinze Jr. is steeds in die duister oor of hulle weer die hoofrolle gaan vertolk.

Hewitt en Prinze Jr., het onderskeidelik as Julie James en Ray Bronson in die 1997-rolprent gespeel. Hulle het later teruggekeer vir die opvolg, I Still Know What You Did Last Summer, saam met Brandy en Mekhi Phifer, wat die volgende jaar in teaters verskyn het.

Volgens Hewitt is nie sy of Prinze Jr. nog gekontak oor die nuwe rolprent nie. Hulle het toevallig daarvan in die media gehoor, so hulle was net so verbaas om uit te vind daar word ‘n opvolg gemaak.

Sony Pictures het die nuwe rolprent vir die franchise amptelik aangekondig. Jennifer Kaytin Robinson sal die regisseer wees van die nuutste weergawe van die, met die draaiboek wat sy saam met Sam Lansky geskryf het. Die rolprent word middel-2025 vrygestel.

Foto: Koimoi