‘n Mooi oomblik vasgevang op kamera
Tom Waddington is op ‘n avontuur wat nie almal sal aandurf nie. Hy roei alleen oor die Atlantiese Oseaan. Sy durf en waagmoed is beloon met ‘n pragtige sig wat baie van ons nooit die voorreg sal hê om te sien nie.
Hy was rustig aan die roei en eweskielik besef hy is nie alleen nie en omring die loodwalvisse.
Hulle het hom ure lank gevolg, en wat eers net ‘n paar speelse diere was het gegroei tot honderde van die wesens. Minstens een het aan sy klein bootjie geraak.
Die walvisse het hul koppe bo die oppervlak uitgesteek en gelyk of hulle saam speel – ‘n klomp walvisse wat rondswem – terwyl Waddington, wat sowat 3218 km van die Newfoundland-kus na Penzance, in die Verenigde Koninkryk roei, in verwondering toegekyk het.