N-Korea stuur troepe na Rusland: S-Korea

Noord-Korea het troepe begin stuur om met Rusland in die Oekraïne te veg, sê Suid-Korea se spioenasie-agentskap, terwyl Seoel waarsku oor ‘n ernstige veiligheidsbedreiging. Dit kom ‘n dag nadat die Oekraïnse president Volodymyr Zelensky gesê het hy glo 10 000 Noord-Koreaanse soldate kan by die oorlog aansluit, gebaseer op intelligensie-inligting. Suid-Koreaanse president Yoon Suk Yeol het ‘n veiligheidsvergadering gevra en sê die internasionale gemeenskap moet met alle beskikbare middele reageer. Volgens die spioenasie-agentskap het 1 500 troepe reeds in Rusland aangekom, met anonieme bronne wat aan Suid-Koreaanse media gesê het die finale syfer kan nader aan 12 000 wees.