‘n Derde Namibiërs sê Nampol is korrup

Die jongste peiling deur Afrobarometer toon dat die meerderheid Namibiërs van mening is die regering het die stryd teen korrupsie verloor met 70 persent wat sê die regering het nie die vermoë om die misdaad te bekamp nie. Twee derdes van respondente sê hulle is bang vir vergelding as hulle korrupsie aanmeld en ‘n derde sê daar is korrupsie in die polisie. Afrobarometer het die peiling in 34 Afrika-lande uitgevoer en ses uit elke tien respondente regoor die lande sê korrupsie het in 2020 toegeneem met 40 persent wat sê dit het baie toegeneem. Amper die helfte van respondente, 47 persent, sê meeste of alle polisiebeamptes is korrup.