‘n Blywende oplossing vir kragtariewe is nodig

Die regering het 365 miljoen Namibiese dollar beskikbaar gestel om kragtariewe te subsidieer, sodat dit nie vanjaar verhoog word nie. Die aktivis Shaun Gariseb het vroeër ‘n petisie in dié verband geloods wat meer as 4 000 handtekeninge in drie dae ingesamel het. Hy het ook ‘n nasionale protes vir Saterdag teen die voorheen aangekondigde hoër elektrisiteitstariewe georganiseer. Kosmos 94.1 Nuus het met Gariseb gepraat oor wat nou gaan gebeur.