‘n Aardige van vir die nuwe bruid

Alhoewel daar geen wetlike vereiste is om jou man se van te neem wanneer jy trou nie, doen die oorgrote meerderheid vroue dit steeds. Een vrou neem egter standpunt in teen haar man omdat sy beweer sy van is ‘n “te groot verleentheid” om aan hul kinders oor te dra – en kan hul lewens negatief beïnvloed.

Sy het haar bekommernisse op Reddit gedeel en gesê: “My man se van is Butt. Kan iemand my asseblief help om vir hom in te lig hoekom hierdie van minder as ideaal is? Ek verstaan heeltemal dat ons nie ons kinders van alles kan beskerm nie en ek verstaan familiebande en als, maar hoe neem ek hierdie van aan?

Sy het moontlike oplossings voorgestel en bygevoeg: “Is ek onredelik deur voor te stel dat ons toekomstige kind my van dra of dalk heeltemal iets anders?” Meeste gebruikers het saamgestem die van moet by hom eindig.

‘n Gebruiker op die platform het geskryf: “Ek het ‘n kind met die naam Zack Butt geken. Hy is elke dag geterg.”