N/a’an ku sê se projekte verloop goed, Apollo is gelukkig

Die N/a’an ku sê-stigting is besig met verskeie bewaringsprojekte. Onder andere rehabiliteer hulle diere soos die olifant Apollo, wat in 2021 aan die kus gekry is en tans by die Zannier reservaat aangehou word. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die eienaar en stigter van N/a’an ku sê, Marlice van Vuuren, wat ‘n opdatering gee oor Apollo en hulle projek by die kus.