N/a’an ku sê en Hollard takel mens-olifant-konflik in Mangetti
Hollard en N/a’an ku sê het ‘n vennootskap gesluit om mens-olifant-konflik in die Mangetti in die noordooste van die land te verminder. Dit behels die bou van watergate vir olifante sodat hulle nie boere se infrastruktuur beskadig in hul soektog na water nie. ‘n Navorser sal ook op die grond wees om die olifante deurentyd te monitor. Stigter van N/a’an ku sê, dr. Rudie van Vuuren, verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.