Mynwese-kamer verwelkom verbod op mineraal-uitvoere

Die Kamer van Mynwese van Namibië verwelkom die kabinetsbesluit oor die verbod op die uitvoer van sekere kritieke minerale soos onverwerkte litium-erts, kobalt-mangaan, grafiet en seldsame aardmetale goedgekeur. Volgens die kamer se uitvoerende hoof, Veston Malango, is dit nodig vir die regering om die uitvoer van onverwerkte kritieke minerale te beheer en te reguleer om werkskepping te ondersteun en die ekonomie te laat groei. Tog is die kamer bekommerd oor kleiner hoeveelhede van dié minerale wat uitgevoer mag word, veral dat dit kan lei tot vertragings in uitvoere. ‘n Vergadering sal in dié verband met die ministerie van myne en energie gehou word.