Mynwese groei sterk in Namibië, ook met binnelandse eksplorasie
Madison Metals het aangekondig dat die myne en energie-ministerie ‘n lisensie vir basis- en seldsame metale, industriële minerale en kernbrandstowwe vir EPL 8905, wat by Madison-Wes geleë is binne Mynlisensie 86A, toegestaan het. Dit is dieselfde lisensiegebied waarin die Khan-kopermyn is. Die nuwe lisensie brei die omvang van Madison se eksplorasie en ontwikkeling uit om uraan, koper, goud, silwer en ander edelmetale in te sluit. Belangstelling in Namibië se mynbousektor blyk sterk te wees, met nuwe myne en eksplorasielisensies wat gereeld opduik. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met dr. Omu Kakujaha-Matundu van Unam se Departement Ekonomie oor of dit die ekonomie en werkskepping sal bevorder.