Mynwese en volhoubaarheid: Kliënte eis goeie gedrag
Die energie-ministerie het ‘n program geloods genaamd “Powering the Future”, ‘n vodcast, waar lynminister Tom Alweendo met spelers in die industrie gesels oor mynbedrywighede en veel meer. In die eerste episode het hy met dr. Gabi Schneider, die uitvoerende direkteur van die Namibiese Uraaninstituut, gepraat. Een van die vrae aan haar was wat Namibië moet doen om te verseker die mynbedryf bly volhoubaar. Schneider is aan die woord.