Mynwerkers se gesondheid in fokus

Die Myngesondheid en Veiligheidstandaard Bedryfsprosedures is onlangs in die hoofstad onderteken. Die prosedures sluit in risikobestuur, vroeë diagnose en toesig van TB, MIV en werkverwante longsiektes in mynbou. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Job Muniaro, sekretaris-generaal van die Nasionale Vakbond van Namibiese Werkers, wat sê daar is oor die algemeen te min beskerming van werkers se gesondheid.