Mynongeluk dood 51 in Iran

‘n Ontploffing in ‘n steenkoolmyn in die ooste van Iran het minstens 51 werkers gedood en talle beseer. Die land ervaar gereeld mynongelukke maar die een word as van die ergste beskryf. Die ontploffing is blykbaar veroorsaak deur metaangas wat uitgelek het. Ongeveer 70 mense het gewerk ten tyde van die ontploffing met 17 wat glo vasgekeer is ondergronds. In 2017 het ‘n steenkoolmyn-ontploffing minstens 42 mense gedood met 11 wat in 2013 dood is en 20 in 2009.