Mynbousektor groei 18,9% in 2023

Die mynbousektor het verlede jaar totale belasting van 6,861 miljard Namibiese dollar betaal. Dit is aansienlike toename van 55,9 persent van die 4,401 miljard dollar wat in 2022 betaal is. Die bruto vaste kapitaalformasie het ook aansienlike groei getoon, en het van 3,48 miljard dollar in 2022 tot 5,908 miljard dollar gestyg verlede jaar. Die sektor se inkomste het verlede jaar 51,572 miljard dollar bereik, wat ‘n toename van 36 persent is vanaf 37,961 miljard dollar in 2022. Dit is deur die Kamer van Mynwese Hoof se uitvoerende hoof, Veston Malango, aangekondig. Namibië se mynbedryf het verlede jaar met 18,9 persent gegroei, wat sy bydrae tot die land se BBP van 11,9 persent in 2022 tot 14,4 persent in 2023 verhoog het. Die bedryf het volgens Malango bygedra tot ‘n toename van 12,6 persent in direkte indiensneming vergeleke met 2022.