Mynbou-sektor hou ekspo midde goeie groei
Groei in die Namibiese mynbou-sektor duur voort met die Kamer van Mynwese van Namibië wat opgewonde is om sy tiende Mynbou-ekspo van 30 tot 31 Augustus in Windhoek aan te bied. Dit sal amptelik deur President Hage Geingob by die skougronde geopen word. Die mynbou-ekspo is ‘n jaarlikse geleentheid van die kamer om die Namibiese mynbou-sektor se onlangse ontwikkelinge en relevante kwessies te bespreek. Vanjaar se tema is “Namibia’s role in the sustainable supply of minerals to support the global energy transition”. Die uitvoerende hoor van die kamer, Veston Malango, sê vanjaar se ekspo sal volgepak wees.