Mynbou in Zim vertoon goed, groei sterk

Zimbabwe staar al te lank ekonomiese probleme in die gesig, maar onlangse verslae dui daarop dat die mynbedryf in die buurland die afgelope drie jaar ‘n mate van groei getoon het. Die Zimbabwiese ekonoom, Eddie Cross, wat met Kosmos 94.1 Nuus gepraat het, het die groei in die mynbousektor bevestig. Hy sê dat uitvoer vir mynbouprodukte tot 30 persent per jaar gegroei het, aangedryf deur goud en litium. Cross glo ook dat hierdie tendense waarskynlik nog ‘n geruime tyd sal voortduur, en Zimbabwe sal ‘n groot rolspeler in die litium-bedryf wees.