Mynbou-ekspo einde AugustusJuly 18, 2023

Groei in die Namibiese mynbou-sektor duur voort, volgens die eerste kwartaal se ekonomiese oorsig. Die uitvoerende hoof van die Kamer van Mynwese van Namibië, Veston Malango, het aangekondig dat die tiende Mynbou-ekspo van 30 tot 31 Augustus in Windhoek sal plaasvind. Die mynbou-ekspo is ‘n jaarlikse geleentheid van die kamer om Namibiese mynbou-sektor natuurlike hulpbronne aan Namibiërs ten toon te stel. Alhoewel die ekspo in vorige jare nie plaasgevind het nie weens die Covid-pandemie, sê Malango verlede jaar se ekspo was suksesvol en hy verwag ‘n selfs beter een vanjaar.