Mylpaal beslissing die week in die Windhoek-hoërhof

Namibia Equal Rights Movement nooi die publiek uit om Anette Seiler en Anita Seiler-Lilles Donderdag by die Windhoekse hoërhof te ondersteun. Uitspraak sal gelewer word in die aansoek om erkenning van selfdegeslaghuwelike in die buiteland. Die egpaar het die regering gedagvaar nadat die ministerie van binnelandse sake en immigrasie Seiler-Lilles se aansoek om permanente verblyf van die hand gewys het, omdat dit nie hul Duitse selfdegeslaghuwelik erken nie. Omar van Reenen medestigter van Namibia Equal Rights Movement sê aan Kosmos 94.1 nuus Donderdag se saak gaan ‘n mylpaal-saak wees.