MVA sê 51 ongelukke in die afgelope week in die land
Die Motorvoertuig Ongeluksfonds het in ‘n verklaring sy meegevoel met die families wat deur die gru-ongeluk Dinsdag net suid van Otavi plaasgevind het, betuig. Nege mense is dood toe twee voertuie van voor gebots het. Die fonds vra waaksaamheid op die land se paaie en sê altesaam 51 ongelukke het die afgelope week voorgekom. Die fonds se jaar-tot-datum syfers, dus van 1 Januarie tot 16 Junie het ‘n totaal van 1 282 ongelukke, 2 362 beserings en 178 sterftes aangeteken.