Muyunda: Paaie in Etosha in ‘n goeie toestand

Daar is voortdurend klagtes oor die toestand van paaie in Namibië se vlagskip nasionale park, Etosha. Met die toestroming van toeriste na die park, word beweer dat paaie vinnig agteruitgaan. Die woordvoerder van die omgewingsministerie, Romeo Muyunda, het aan Kosmos 94.1 Nuus die beweringe ten sterkste ontken en sê inteendeel kry hulle komplimente oor die goeie toestand van die paaie. Hy voeg by daar is mense wat die beeld en bestuur van die park wil skade berokken.