Muurbal-aksie beloof om ‘n fees te wees
Die Namibiese Muurbalvereniging het aangekondig dat dit twee weke van aksie op die bane gaan aanbied in die vorm van Muurbalfees 2023. Die fees begin met die BDO Namibiese Ope, geborg deur BDO Namibia, op 20 September. Die toernooi se finaal sal op 23 September gespeel word. Die opwinding duur voort met die Viernasies-toetsreeks, waar Namibië, Suid-Afrika, Zimbabwe, en Zambië kragte gaan meet. Steven Berry van Wanderers Muurbalklub het met Kosmos 94.1 Nuus gesels: