Musk se US$1 miljoen per dag weggee ‘soos lotery’

‘n Brief van die Amerikaanse departement van Justisie aan Elon Musk se politieke aksiekomitee, waarsku dat sy een-miljoen-dollar per dag aan ‘n geregistreerde kieser, is soos ʼn lotery en moontlik onwettig. Musk, die rykste man ter wêreld, beywer hom aktief vir Republikein, Donald Trump, teen Kamala Harris. Die eienaar van Tesla en X het oor die naweek pryse begin weggee aan Amerikaanse kiesers in die sewe swaaistate wat ’n versoekskrif onderteken het. Volgens die reëls van die kompetisie moet wenners geregistreerde kiesers wees, maar geen party-lidmaatskap word vereis nie.