Musk sê Twitter breek gelyk op, met 1 500 werkers

Elon Musk, uitvoerende hoof van Twitter, sê die sosiale media-maatskappy breek op die oomblik amper gelyk, aangesien die meeste van sy adverteerders teruggekeer het en sy aggressiewe kostebesnoeiings begin vrugte afwerp ná massiewe afleggings. Musk sê Twitter het nou sowat 1 500 werknemers, ‘n skerp afname van die net minder as 8 000 personeellede wat hy gehad het. Verlede week het Twitter ‘n fout opgedoen wat duisende gebruikers verhinder het om toegang tot skakels te kry, sy sesde groot onderbreking sedert die begin van die jaar.