Musk se Starlink loods in Zim

Zimbabwe het die agtste Afrika-land geword wat Elon Musk se Starlink gelisensieer het om satelliet-internetdienste te verskaf, in ‘n ooreenkoms waarby een van president Emmerson Mnangagwa se kamerade betrokke is. Die maatskappy, IMC Communications word besit deur Wicknell Chivayo, wat gereeld in die president se geselskap gesien word. Starlink sal slegs toeganklik wees deur Chivayo se maatskappy wat die lisensieregte van die pos- en telekommunikasieregulerende owerheid van Zimbabwe ontvang het.