Musk se Starlink-aansoek is by Cran

Nadat Elon Musk se Starlink, belangstelling uitgespreek het om in Namibië te werk, het hy sy aansoek amptelik by Namibiese owerhede ingedien. Met ‘n hoëspoed-internet, glo baie kenners dat Starlink se toetrede tot die relatief klein Namibiese mark die status quo ernstig kan ontwrig deur markmededinging te verhoog. Emilia Nghikembua, hoof uitvoerende beampte van die Kommunikasieregulerende Owerheid, Cran, het die aansoek bevestig. Starlink, wat deur Musk se Space X besit word, het ‘n gewilde opsie geword vir ‘n vinnige en betroubare internetverbinding, veral in landelike gebiede waar lae bevolkingsdigtheid dit onekonomies maak vir tradisionele kommunikasiemaatskappye.