Musk sê Apple is lelik met Twitter

Elon Musk, eienaar van Twitter, sê Apple het die meeste van sy advertering op Twitter gestaak en hy het die maatskappy daarvan beskuldig dat hy dreig om die sosialemediaplatform van sy app-winkel te verwyder. Die helfte van Twitter se grootste adverteerders het hul bemarking op die platform gestaak te midde van Musk se chaotiese oorname van die maatskappy. Vyftig van Twitter se voorste 100 adverteerders het sedert 21 November hul advertering op die platform gestaak.