Musk het self onwettig in die VSA gewerk

Die Washington Post berig dat die Suid-Afrikaans gebore Elon Musk gedurende ‘n kort tydperk in die 1990’s onwettig in die VSA gewerk het terwyl hy ‘n maatskappy gebou het. Die koerant sê Musk het in 1995 in Palo Alto, Kalifornië, aangekom om Stanford Universiteit by te woon, maar het nooit vir sy nagraadse studieprogram daar ingeskryf nie. In plaas daarvan het hy die sagtewaremaatskappy Zip2 ontwikkel, wat volgens die berigte in 1999 vir sowat 300 miljoen Amerikaanse dollar verkoop is.