Mushelenga sê oor sy ontwikkelingsbegroting

Die minister van internasionale betrekkinge, Peya Mushelenga, het in die Nasionale Vergadering aangekondig dat die ministerie se begroting meer as 900 miljoen Namibiese dollar beloop. Een van die toekennings is die ontwikkelingsbegroting van 70 miljoen dollar. Mushelenga het vyf projekte onder die begroting gelys. Ingesluit hierby is internasionale betrekkinge en bilaterale betrekkinge. Mushelenga het verklaar dat die voltooiing van die Namibia International Women’s Peace Centre ook by die begroting ingesluit is.