Museveni stel sy seun, 49, aan as weermaghoof

Uganda se veteraanleier, Yoweri Museveni, het sy seun aangestel as hoof van die land se verdedigingsmagte, ‘n reuse-bevordering vir Muhoozi Kainerugaba. Die aankondiging deur die verdedigingsministerie volg op jare se bespiegeling dat Kainerugaba, wie se sosiale media-plasings al diplomatieke herries ontketen het, vir die top-pos voorberei word. Alhoewel die 49-jarige generaal in die verlede bewerings ontken het dat hy van plan is om sy pa op te volg – een van Afrika se langsdienende leiers – het hy baie vinnig deur die geledere van Uganda se weermag beweeg.