Museveni sê betogings is buitelandse inmenging

Ugandese president Yoweri Museveni het betogings teen korrupsie in sy regering as buitelandse inmenging afgemaak en gesê diegene wat die strate ingevaar het, was nie opreg nie. Museveni is sedert  1986 aan bewind, en sy regering word van korrupsie op groot skaal beskuldig. Hy sê hy sou by die betogings, wat sedert 18 Junie aan die gang is, aangesluit het, as dit werklik teen korrupsie was. Tot dusver is 104 protesgangers gearresteer.