Murray veroorsaak opskudding deur Tsitsipas te klop

Tennis: Die gewese wêreld nommer een, Andy Murray, speel vanmiddag teen Nick Kyrgios van Australië in die voorlaaste ronde van die Stuttgart Ope in Duitsland nadat hy Vrydag ‘n groot opskudding veroorsaak het. Die 35-jarige Skot het die wêreld se nommer vyf-speler, Stefanos Tsitsipas van Griekeland, 7-6, 6-3 verslaan. Kyrgios het deurgedring toe Marton Fucsovics van Hongarye weens ‘n besering moes handdoek ingooi. Die ander halfeindstryd word beslis tussen die Italianer Matteo Berrettini en die Duitser Oscar Otte.