Murray & Nadal sukkel met beserings

Beserings bedreig die loopbane van twee voormalige wêreld nommer een-spelers wat koorsagtig probeer om weer lewe in hulle loopbane te blaas. Rafael Nadal se onttrekking aan die eerste kleibaantoernooi in Monte Carlo beteken hy sal moontlik sukkel om teen sy 38ste verjaarsdag gereed te wees vir die Franse Ope en die geleentheid om sy rekord na 15 titels te verbeter. Die 36-jarige Andy Murray van Skotland het ingeskryf vir die Queens-grasbaantoernooi in Londen in Junie maar hy sal eers ʼn enkelbesering moet afskud.