Murray hoop steeds vir Wimbledon
Andy Murray is steeds vol hoop dat hy aan Wimbledon gaan deelneem nadat hy ‘n operasie aan ‘n spinale sist ondergaan het. Hy het erken dit is onwaarskynlik dat hy in die enkelspel te sien sal wees. Die 37-jarige, wat beplan om by die Olimpiese Spele in Parys uit te tree, moes noodgedwonge uit sy tweederonde-wedstryd by Queens onttrek. Murray het twee van sy drie Grand Slams by Wimbledon gewen. Hy sê dit is onmoontlik om te sê wanneer hy weer sal kan speel. Die trekking vir die enkelspel vind Vrydag plaas, met eersteronde-wedstryde wat Maandag begin.