Munster gee Rowntree die trekpas

Die Ierse klub Munster het die onmiddellike vertrek van hoofafrigter Graham Rowntree aangekondig. Die gewese voorspeler van Engeland en Leicester Tigers het die span gehelp om die Verenigde Rugbykampioenskapstitel in te palm in sy eerste seisoen in 2022/’23, maar hulle sukkel dié seisoen. Munster is tans twaalfde op die punteleer na slegs twee oorwinnings in die eerste ses wedstryde. Die hoof van rugby-operasies, Ian Costello, neem Rowntree se pligte oor terwyl die klub ‘n nuwe hoofbreier soek.