Munisipaliteite in die buurland wankel al hoe meer
Die buurland se minister van samewerkende regering, Thembi Nkadimeng, sê uit die 257 munisipaliteite is 66 wanfunksioneel. In 2021 is 64 munisipaliteite wanfunksioneel verklaar, terwyl 111 ‘n medium risiko getoon het en 16 as bestendig beskou is. Sy sê verlede jaar se beoordeling toon ‘n effense afname tot 107 in mediumrisiko-munisipaliteite, wat bemoedigend is. Nkadimeng het op ‘n nuuskonferensie oor die regering se steun vir munisipaliteite gesê burgers verdien dienslewering soos huise wanneer fondse toegeken word: