Munisipale skuld belemmer waterinfrastruktuur
AfriForum sê munisipale skuld het ‘n ernstige uitwerking op watervoorsiening, met onbetaalde rekeninge en finansiële wanbetaling wat waterrade strem en toegang tot skoon water bedreig. Die burgerregte-organisasie sê munisipale oplossings is onvoldoende en verhoogde privaat sektor- en gemeenskapsbetrokkenheid is nodig. Lambert de Klerk van AfriForum vra vir openbare-privaat vennootskappe as ‘n meer doeltreffende manier om volhoubare en betroubare waterdienste te verseker: