MUN en Osino teken loonooreenkoms

Die Mynwerkersvakbond van Namibië en Osino Gold Exploration and Mining by Karibib het ‘n suksesvolle ooreenkoms bereik vir loonverhogings. Alle werknemers wat ‘n basiese salaris van 6 000 Namibiese dollar en minder verdien, sal ‘n verhoging van 8 persent op die basiese loon ontvang. Alle werknemers wat ‘n basiese salaris van 6 000 dollar en hoër verdien, kry ‘n verhoging van 6,7 persent op die basiese loon. Alle werknemers kry vir die eerste keer ‘n behuisingstoelaag en mediese fonds, volgens Filleppus Ampweya van die vakbond.