MUN eis De Ruyter se inhegtenisneming

Die mynwerkersvakbond NUM in Gauteng se Hoëveld-streek is bitter ontsteld oor die voormalige uitvoerende hoof van Eskom, André de Ruyter, se beweerde roofsug en geldwassery-taktiek. Hulle vra ʼn deeglike ondersoek deur wetstoepassings-agentskappe en die vervolging van alle betrokkenes, insluitend die voormalige bedryfshoof, Jan Oberholzer. Die vakbond beplan om sy lede vir verset-optrede te mobiliseer. Die voorsitter, Bizzah Motubatse, sê De Ruyter moet in hegtenis geneem en aanspreeklik gehou word vir die wanaanwending van 500 miljoen Suid-Afrikaanse rand.